BESTANDDELE
- 15 ml sonneblomolie
- 15 ml botter
- 9 hoenderdye (met vel)
- 2 uie, in ringe gesny
- 3 knoffelhuisies, grofgekap
- 5 kardemomsade
- 1 stuk pypkaneel
- 1 lourierblaar
- 5 ml fyn gemmer
- 1 rooibrandrissie, fyngekap
- 5 ml matige kerriepoeier
- 5 ml borrie
- 5 ml fyn koljander
- 3 heel naeltjies
- 400 g gekapte tamaties (1 blik)
- 6 aartappels, geskil
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 3 kerrieblare
METODE:
- Verhit die olie en botter in die pot.
- Braai die hoenderdye tot lekker bruin.
- Haal dit uit en braai die uie tot sag en deurskynend, maar nie bruin nie.
- Voeg die knoffel en die speserye (behalwe die peper en kerrieblare) by en braai vir so 2 minute.
- Plaas die hoender bo-op die mengsel en skep die tamaties oor.
- Rangskik die aartappels bo-op en geur met sout en swartpeper.
- Voeg die kerrieblare by. Sit die deksel op en laat stadig prut vir 1 – 1½ uur.
BRON: sarie.com
24,037 kere besoek
Bacon and Mushroom Pasta
Sien
Tuna Tert
Sien
Broodpoeding
Sien
Soetsuur vark met noedels
Sien
