BESTANDELE:
- 6 Hoenderdye
- Barberque speserye na smaak
- 250g Gesnipperde Bacon
- 60 ml Appelkooskonfyt
- 100 ml Water
- 15 ml Worcestorsous
- 12 Klein geskilde uitjies
- 10 Klein heel aastappels
- 750 ml Gevriesde Gemengde groente
- 300 g Gesnipperde Sampioene
- Aromat na smaak
- 1 Pakkie Oxtail Sop
- 1 Pakkie wit uie sop
- 500 ml Room
METODE:
- Sprinkel barberque speserye oor die hoender.
- Maak die pot warm en braai die bacon.
- Voeg uie en die appelkooskonfyt by en braai tot die uie sag is.
- Skep die bacon en uie uit.
- Plaas hoender in die pot.
- Plaas die bacon en uie mengsel oor die hoender.
- Gooi water en worcestor sous oor die hoender.
- Plaas die deksel op en laat kook vir 15 minute.
- Plaas die klein uitjies en aartappels op die hoender en prut vir 10 minute.
- Plaas die groente en sampioene in die pot.
- Strooi Aromat oor en prut vir 'n verdere 30 minute.
- Meng die sop en room en voeg by die potjie.
- Prut vir 'n verdere 30 minute.
36,152 kere besoek
Ouma Anne se Semel / Bran Beskuit
Sien
Gemmerbier
Sien
Groentesop vir die koue
Sien
Lasagne
Sien
