Hoenderlewerpatee

 
WAT JY BENODIG:
 
  • 500 g hoenderlewer, skoongemaak
  • 200 ml (¾ k) melk
  • 125 ml (½ k) olyfolie
  • 2 uie, gekap
  • 2 knoffelhuisies, fyn gekap
  • 3 repe spekvleis, gekap
  • 15 ml (1 e) vars tiemieblare
  • 30 ml (2 e) brandewyn (opsioneel)
  • 15 ml (1 e) water
  • sout en peper
  • 7,5 ml (½ e) balsemieke asyn
  • 200 g ongesoute botter, gekap
  • 60 g ongesoute botter, gesmelt
  • ekstra tiemie vir garneer
 
MAAK SO:
 
  1. Plaas die hoenderlewer in ’n bak, bedek met die melk en verkoel terwyl jy die oorblywende bestanddele voorberei.
  2. Verhit 15 ml (1 e) van die olyfolie in ’n groot braaipan oor matige hitte. Voeg die uie, knoffel en spekvleis by en braai terwyl jy dikwels roer 12 minute of tot die uie gekarameliseer het.
  3. Meng die tiemie in, en dan die brandewyn (indien gebruik) en water, terwyl jy roer om die pan los te kook. Verplaas die mengsel na ’n bak.
  4. Vee die pan skoon, voeg die oorblywende olie in en verhit oor hoë hitte. Dreineer die lewer en tik dit met papierhanddoeke droog. Braai dit dan in die verhitte olie 5 minute aan ’n kant tot bruin en effens bros, maar nog pienk binne.
  5. Voeg by die bak met die uiemengsel en geur goed met sout en peper.
  6. Plaas die pan terug op die hitte, voeg die asyn by, gee dit ’n draai om die pan los te kook, en skraap dan die sappe in die bak.
  7. Puree die mengsel in ’n verwerker tot fyn. Voeg die gekapte botter by en puree tot goed ingemeng.
  8. Skep in 4 ramekins en giet dan ’n dun laag gesmelte botter bo-oor om te verseël.
  9. Bedek en verkoel. Dit sal tot 5 dae in die yskas hou. Sit voor met vars tiemie oor gestrooi as garneersel.

BRON: Huisgenoot.com

 
6,362 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Cheezy

Gemmerkoekies

Sien

Botterhoender-kerrie

Sien

Oreo Koekie Melkskommel

Sien

Marshmallow Kaaskoek

Sien