WAT JY NODIG HET:
- 30 ml olyfolie ½ ui, fyngekap
- 125 g wit sampioene, in skyfies gesny
- 250 ml fyn biltong
- 125 g roomkaas
- 70 ml mayonnaise
MAAK SO:
- Verhit olyfolie in pan.
- Voeg ui by en braai tot effens sag.
- Voeg sampioene by en braai tot sag.
- Al die vloeistof moet verdamp terwyl jy die sampioene braai.
- Laat afkoel en plaas in jou voedselverwerker.
- Puree tot fyn.
- Voeg nou res van bestanddele by en meng goed.
- Die patee het geen sout of peper nodig nie, want die biltong bevat genoeg geurmiddels.
BRON: sarie.com
11,603 kere besoek
Ouma Anne se Semel / Bran Beskuit
Sien
Bros Koekies
Sien
Vlakoekies
Sien
Ingemaakte beet
Sien
