Kaasskons 1

BESTANDDELE:

  • 500ml (2k) koekmeel
  • 15ml (1e) bakpoeier
  • knippie sout
  • 125g botter, in blokkies gesny
  • 125ml (halwe koppie) verouderde cheddarkaas, gerasper
  • 1 eier
  • 180 ml melk
  • paar druppels asyn
  • Ekstra melk en paprika

METODE:

  1. Voorverhit die oond tot 200 grade C en smeer 'n bakplaat
  2. Sif die meel, bakpoeier en sout twee keer saam.
  3. Vryf die botter met die vingerpunte in by die meel tot dit soos broodkrummels lyk.
  4. Voeg die kaas by en meng dit met jou vingers in.
  5. Klop die eier, melk en asyn saam en voeg dit bietjie vir bietjie by die droe bestanddele deur dit met 'n spatel of tafelmes in te sny tot 'n deeg vorm.
  6. Plaas dit op 'n meelbestrooide oppervlak, druk die deeg liggies saam en druk dit effens plat.
  7. Sny dit in vierkante of druk sirkels uit met 'n skondrukker.
  8. Plaas dit op die bakplaat en verf met 'n bietjie melk.
  9. Besprinkel met paprika en bak 10-12 minute tot gaar.
  10. Laat afkoel tot kamertemperatuur en bere tot twee dae lank in 'n lugdigte houer.
10,321 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Cheezy

Sout Tert

Sien

Aartappel en Sampioen Gebak

Sien

Boerewors-sliders met tamatie salsa

Sien

Self-sous-koffiepoeding

Sien