BESTANDDELE
- 2 groot uie, in skywe gesny
- 1/2 teelepel swartpeperkorrels
- 1/2 teelepel fyn naeltjies
- 1/2 koppie water
- 2 eetlepels sonnebIom- of canola-olie
- 2 kaneelstokkies
- 1 kg lamsvleis (ek het nek gebruik)
- 1 x 3 cm vars gemmer, geskil en fyngekap
- 2 kardamompeule
- 1 kg ryprooi tamaties, gekap
- 1 groen brandrissie, gekap
- 6 middelslag aartappels, geskil en gehalveer
- Sout, peper en suiker na smaak
- Gekapte pietersielie vir garnering
METODE
- Plaas die uie, swartpeperkorrels, fyn nae|tjies en water in ‘n groot pot en bring tot kookpunt
- Laat liggies prut tot al die water weggekook het.
- Voeg die olie en kaneelstokkies by an braai tot die uie goud en deurskynend is.
- Voeg die vleis, gemmer en kardamompeule by en roer deur.
- Verlaag die hitte, bedek die pot en laat liggies vir 30 minute prut.
- Voeg die tamaties en die brandrissie by.
- Bedek weer en Iaat liggies prut vir nog 30 minute.
- Voeg die aartappels, sout, varsgemaalde peper en suiker by en prut stadig tot die aartappels gaar is.
- Garneer met gekapte pietersielie net voor opdiening.
- Bedien met rys.
Bron: Kuier
7,037 kere besoek