BESTANDDELE:
- 125 g botter
- 3/4 koppie suiker
- 2 eiers, geklits
- 3 koppies koekmeel
- 4 teelepels bakpoeier
- 1/2 teelepel sout
- 2 teelepels vanilla essence
- 1/2 koppie gladde appelkooskonfyt
METODE:
- Room die botter en suiker saam en voeg die goed geklitste eiers by.
- Sif die droë bestanddele saam en meng goed met die bottermengsel.
- Voeg die vanilla essence by.
- Druk tweederdes van die deeg in 'n rolkoekpan plat en maak mooi eweredig.
- Smeer ’n dik laag appelkooskonfyt oor.
- Rasper die res van die deeg oor.
- Bak vir 15 — 20 minute in ’n voorverhitte oond van 180°C.
- Sny dan in vierkante wanneer dit koud is.
BRON: Kuier
20,129 kere besoek
Peri Peri Flattie
Sien
Eier en Ham Mandjies
Sien
Geurige seekos-rys
Sien
Maalvleis (Wil ophou maar kan nie) Gereg
Sien
