BESTANDDELE
Vir die koek
- 150 ml warm water
- 60 g botter
- 2 koppies koekmeel
- 2 teelepels bakpoeier
- 1/2 teelepel sout
- 4 eiers
- 1 koppie suiker
- 2 teelepels vanilla essence
Vir die stroop
- 100 g botter
- 100 ml gouestroop
METODE
- Smelt die botter in die water in ’n kastrol en bring tot kookpunt. Hou eenkant.
- Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.
- Klits die eiers tot lig en skuimerig. Voeg die suiker geleidelik by en klits om dit te laat oplos.
- Voeg die vanilla essence by.
- Roer die droë bestanddele by die eiermengsel.
- Voeg die warmwatermengsel by en klits vir ’n minuut.
- Giet die mengsel in ’n gesmeerde, dieperige tertbord en bak 20 — 30 minute in ’n voorverhitte oond van 190°C.
- Smelt intussen die botter en stroop saam oor matige hitte en giet oor die warm koek wanneer dit uit die oond kom.
- Jy kan die koek warm of koud voorsit.
- Bedien met styfgeklitste room.
BRON: Kuier
10,152 kere besoek
Aartappel Sop
Sien
Waldorf-slaai
Sien
Soetsuur vark met noedels
Sien
Gestopte rissies (Chilli Poppers)
Sien
