Wit Romany Creams

 

Lewer 36 dubbelkoekies 

 

BESTANDDELE

  • 1/2 koppie witsjokoladepoeier
  • 1/2 koppie mielieblom (Maizena)
  • 1/4 koppie kookwater
  • 375 g sagte botter
  • 1 & 3/4 koppies strooisuiker
  • 2 & 1/4 koppies koekmeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 1/2 teelepel soul
  • 1 teelepel vanilla essence
  • 2 & 3/4 koppie klapper (coconut)
  • 1 teelepel karamelgeursel (opsioneel)

 

Vir die vulsel 

  • 2 x 100 g blokke witsjokolade, gebreek
  • 100 g botter 

 

METODE

  1. Meng die witsjokoladepoeier, mielieblom en kookwater tot ’n pulp en laat afkoel.
  2. Klits die botter en strooisulker saam tot lig en romerig.
  3. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout in ’n afsonderlike bak saam en voeg by die botter-en-suikermengsel saam met die sjokoladepoeier-en-mielieblommengsel.
  4. Voeg die vanilla essence, karamelgeursel (indien gebruik) en klapper by.
  5. Meng goed en skep hopies met ’n teelepel op ’n bakplaat.
  6. Bakvir 13 minute in ‘n voorverhitte oond van 180°C.
  7. Laat die koekies 5 minute afkoel en pak op ’n draadrak.

 

Vir die vulsel: Smelt die botter en witsjokolade in ’n dubbelkastrol. Laat effens afkoel. Smeer aan die onderkante van twee koekies en maak ’n toebroodjie totdat alles op is.

 

BRON: Kuier

7,207 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Biltong

Klein Koekies

Sien

Geroomde spinasie met Fetakaas

Sien

Lasagne

Sien

4 Minute Kaaskoek

Sien