Bestanddele
- 1,25 liter water
- 15 ml sout
- 750 ml mieliemeel
- 1 x 410g blik geroomde suikermielies
- hand vol vars tiemie
- 2 x 410g blik gekapte tamaties
- 15 ml o|yf- of avokado-olie
- 1 ui, gekap
- 2 knoffelhuisies, fyngemaak
- 250 g knopiesampioene, in skyfies gesny
- sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
- 250 ml gekerfde biltong
- 375 ml Cheddarkaas, gerasper
Metode
- Verhit die oond tot 220°C.
- Smeer ‘n 30 x 25 cm oondvaste bak.
- Bring die water en sout tot kookpunt in ‘n groot kastrol oor matige hitte.
- Roer die mieliemeel in en klop om te voorkom dat klonte vorm.
- Laat gaar word en roer van tyd tot tyd, ongeveer 20 minute, tot styf.
- Voeg die suikermielies en tiemie by.
- Skep helfte van die pap in die voorbereide oondbak.
- Skep die tamaties in ‘n Iaag bo-oor.
- Verhit die olie in ’n kastrol oor hoé hitte en braai die uie, knoffel en sampioene vir 5 minute tot goudkleurig.
- Geur en skep bo-op die tamatielaag.
- Skep die res van die papmengsel oor, dan die biltong en dan die kaas.
- Bak ongeveer 20 minute, tot die kaas gesmelt het.
BRON: Finesse
14,612 kere besoek
Kondensmelk Suurlemoen Tert
Sien
Oxtail met uie en wortels
Sien
Spekvleis-en-spinasie-tertjies
Sien
Biltong en Cheddarkaas Quiche
Sien
