
BESTANDDELE
- 15 ml olyf- of sonneblomolie
- 1 kg oxtail, gegeur met barbeque spice
- 6 peperkorrels
- 3 - 4 bay leaves (lourierblare)
- 3 uie, in kwarte gesny
- 4 - 5 wortels, in dik skywe gesny
- Sout en varsgemaalde peper na smaak
- ’n Bietjie asyn en Worcestershiresous
METODE
- Verbruin die vleis in ’n bietjie olie. Skep uit en hou eenkant.
- Braai dan 1 ui tot deurskynend en plaas die vleis terug in pot.
- Voeg nou 1 - 2 wortels, die oorblywende uie, die asyn, Worcestershiresous, peperkorrels en bay leaves saam met die vleis.
- Laat kook tot sag vir ongeveer 3 - 4 ure of 50 minute in ’n pressure cooker (drukpot).
- Voeg nou die res van die wortels by en prut vir so 20 minute of tot ’n dikkerige sous vorm.
- Geur met sout en peper en bedien met rys of mashed potatoes.
BRON: Kuier
5,279 kere besoek