Taai Hoendervlerkies

BESTANDDELE:

  • 12 -18 hoendervlerkies
  • 50 ml tamatiesous
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 20 ml bruinsuiker
  • 50 ml pikantrissie- of perske-blatjang
  • 30 ml donker sojasous

METODE:

  1. Pak die hoender op ’n bakplaat en bak dit vir 10 minute teen 200 ˚C.
  2. Meng die orige bestanddele saam in ’n kastrol en verhit dit tot dit begin prut.
  3. Haal die hoender uit die oond uit en verf lekker baie van die sous daaroor.
  4. Sit terug in die oond en rooster vir nog 25 tot 30 minute – drup elke vyf minute nog sous oor tot gaar.

Slim idee:  Sny die punte van die vlerkies af en ryg die vlerkies op sosatiestokkies sodat dit makliker is om te braai.  Onthou om die sosatiestokkies ’n uur lank in water te laat week voor jy dit gebruik.


Bron:  Idees

 
11,797 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Cheezy

Piesangbrood

Sien

Rosynebrood

Sien

Tuisgemaakte kraakbeskuitjies

Sien

Roly Poly Poeding

Sien