Hertzoggies

BESTANDDELE:

  • 1 k botter 
  • 3 k meelblom 
  • ½ t sout 
  • ¾ k suiker 
  • 2 t bakpoeier 
  • 1 k klapper 
  • ½ k fyn strooisuiker 
  • 4 eiers geskei
  • Fyn appelkooskonfyt

METODE:

  1. Sif meelblom, sout en bakpoeier saam en voeg suiker by.
  2. Sny en vryf die botter in.
  3. Meng met goedgeklopte eiergele sodat die deeg uitgerol kan word.
  4. Druk af en voer klein vormpies hiermee uit.
  5. Plaas in elk 'n bietjie appelkooskonfyt.
  6. Klop eierwitte droog, meng klapper en strooisuiker by. Sit bietjie bo-oor konfyt.
  7. Bak in warm oond 190 - 205 °C tot gaar. 
30,164 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Cheezy

Malvapoeding

Sien

Suurlemoen Pasta

Sien

Groentesop vir die koue

Sien

Basiese witsous

Sien