Korslose Appeltert

BESTANDELE

1 Koppie Bruismeel

2 eiers

knippie sout

1 blik tertappels (normale grootte)

1 koppie suiker

2 Eetlepels gesmelte botter

1 koppie melk

 

Sous

1 klein blik Ideal Milk

1 Teelepel Vanielje Essens

1 koppie suiker

 

METODE:

Meng suiker, eiers, botter, sout en melk saam.

Sif meel en meng bietjie-bietjie saam in suikermengsel.

Gooi mengsel in bak en skep appels oor mengsel.

Bak in oond 180°C vir . uur. (Na 'n halfuur kan die oondtemperatuur na 150°C verlaag word om te voorkom dat die tert te donker word.)

Metode (sous)

Gooi alles saam in pot en bring tot kookpunt Gooi warm sous oor tert sodra tert uit die oond kom.

Die beslag is genoeg vir 'n normale ronde tertbak. Indien 'n kleinerige vierkantige bak (± 20cm x 15cm) gebruik word, moet resep dubbeld aangemaak word.

17,967 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Cheezy

Sjokolade Koek

Sien

Vinnige Hoenderpastei

Sien

Outydse Bobotie

Sien

Bobotie

Sien