Tannie Annetjie se Groenbone

Hierdie is 'n heerlike groenbone resep met 'n "twist". 

BESTANDDELE:

  • 500ml boontjies
  • 1 ui opgekap
  • 1 pakkie gerookte bief chips (Simba chips)
  • 250g gerasperde kaas

WITSOUS:

  • 25ml koekmeel
  • 2ml sout
  • 2ml bruinsuiker
  • 125ml room
  • 75ml melk

METODE:

  1. Kook die boontjies soos gewoonlik tot gaar
  2. Braai die opgekapte ui in olie en gooi by die boontjies
  3. Maak die witsous aan deur die sous bestanddele saam te gooi en te kook tot dik (roer gereeld)
  4. Gooi die gerasperde kaas by die witsous
  5. Roer die witsous by die boontjies by
  6. Skep in gesmeerde bak, druk gerookte bief chips fyn en strooi bo-oor
  7. Bak in oond teen 180 grade C tot goed warm +- 30 minute
13,817 kere besoek

Goudglans Hoender

Sien

Hoender met Sampioene (Mikrogolf)

Sien

Gemmerpoeding op die stoof

Sien

Isolde se Tipsie Tert

Sien