Hierdie broodjie is 'n wenner. Soos met alle kitsbrode, is dit op sy lekkerste op die eerste dag.
BESTANDDELE:
- 1 pakkie Bruismeel
- 1x250 g pitlose rosyne
- 1 houertjie karringmelk
- 2 eetl. suiker
- 2 gelyk teelepels bakpoeier
- knippie sout
METODE:
- Stel oond op 180ºC.
- Sif droë bestanddele saam, meng suiker saam, gooi rosyne by en voeg die karringmelk by.
- Ek skud altyd die kartonnetjie agterna met 'n bietjie melk uit.
- Meng deeglik met houtlepel.
- Skep uit in gesmeerde broodpannetjie en bak vir een uur.
- Keer uit en laat afkoel.
5,781 kere besoek