Lamsbreyani

Lamsbreyani

3 uie, grof gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
2 cm gemmer, gerasper
sap van 1 suurlemoen
sout en vars gemaalde swartpeper
60 ml (¼ k) olyfolie
15 ml (1 e) matige kerriepoeier
5 ml (1 t) komyn
5 ml (1 t) fyn koljander
800 g lamsvleis, in blokkies gesny
250 ml (1 k) gewone jogurt
375 ml (1½ k) beesvleisaftreksel
250 ml (1 k) basmatirys
125 ml (½ k) lensies
5 ml (1 t) borrie
2 lourierblare
60 ml (¼ k) warm melk
3 hard gekookte eiers in kwarte gesny, vir voorsit
125 ml (½ k) rosyne en amandels

Voorverhit die oond tot 180 °C.

1.    Verwerk die uie, knoffel, gemmer, suurlemoensap, sout en peper in ’n voedselverwerker tot ’n pasta.

2.    Verhit die olie in ’n groot pot oor matige hitte en braai die uiemengsel en speserye 5 minute lank.

3.    Meng die lamsvleis en jogurt. Keer die lamsvleis in die pot uit, verlaag die hitte en giet die aftreksel in.

       Kook bedek vir 45 minute, verwyder die deksel en kook 15 minute of tot die vloeistof verminder.

4.    Kook die rys vir 15 minute in ’n pot effens gesoute water saam met die lensies, borrie en lourierblare.

       Dreineer goed en keer die rys oor die lamsvleis uit.

5.    Bedruip met die melk, bedek die kastrol met foelie en bak 30 min.

6.    Garneer met eier, rosyne en amandels en sit warm voor.

 

Bron:  Huisgenoot

 
5,632 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Cheezy

Vinnige Hoenderpastei

Sien

Botterskorsie-en-kaneelsop

Sien

Yskoffie

Sien

Gerookte salm tartare met suurlemoen en capers

Sien