
Kaserige oondhoender met spek
8 hoenderborsfilette
sout en peper
500 ml (2 k) koekmeel
3 eiers, geklits
500 ml (2 k) fyn droë broodkrummels
250 g spekvleis, in stukkies gesny
250 g sampioene
250 ml (1 k) room
125 ml (½ k) gerasperde
bloukaas of 250 ml (1 k)
gerasperde sterk cheddarkaas (kan vervang met Mozzarella)
slaai vir voorsit
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondbak.
- Geur die hoenderborsies met sout en peper en rol in meel.
- Doop in die geklitste eier en rol dan in broodkrummels. Pak in die oondbak.
- Braai die spek tot gaar, voeg die sampioene by en braai tot gaar.
- Voeg die room by en giet oor die hoender in die pan.
- Sprinkel die kase oor, bedek en bak sowat 30 minute tot die hoender sag en gaar is.
- Verwyder die bedekking en bak tot bruin.
- Sit voor met slaai.
WENK
Vlek die hoenderfilette en stop met die spekvleis. Rol in die krummels en braai effens voor jy dit in die oond plaas.
Bron: Huisgenoot
5,788 kere besoek