Rooibok Potjie
1 kg rooibokvleis in blokkies gesny
125 ml olie
4 geelwortels, in skyfies gesny
2 uie, in skywe gesny
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
10 ml gekapte tiemie
250 g spekvleis, gekap
500 ml port of droë rooiwyn
6 aartappels, in skywe gesny.
Metode:
Verhit olie in swartpot en soteer geelwortels, uie en knoffel totdat olie deurskynend is. Voeg tiemie, vleis, spekvleis en port by. Prut 2 uur baie stadig met deksel op. Voeg aartappels by en prut nog 30 tot 45 minute. Sit voor saam met mieliepap.
20,906 kere besoek
Tuna Tert
Sien
Curried Wheat Salad with peaches
Sien
Wortel-appel koek
Sien
Coconut Clusters
Sien
