Aartappelslaai met kaas en biltong

Aartappelslaai met kaas en biltong

Opsie 1:

Meng saam in ‘n bak:

600g gaar aartappelblokkies

1 klein gekapte ui

2 gekapte selderystingels (blare opsioneel)

1 rooi soetrissie gekap

1 groen soetrissie gekap

125g gekerfde biltong in klein blokkies gesny

125g kaas in klein blokkies gesny

OF

Opsie 2:

125g fetakaas gekrummel

Die kaas kan met blokkies ferm avocado of met blokkies appels of pere vervang word. Die biltong kan met salami of ham vervang word.

Maak ‘n sous deur 1 bakkie (250g) maaskaas met 100ml ligte mayonnaise of slaairoom vir 2 minute met ‘n handklitser te klits tot romerig.

Maak 5ml mosterdpoeier aan in 10-15ml suurlemoensap en voeg ‘n knippie rooipeper by.

Meng goed.

Voeg suurlemoensap by maaskaas-mengsel en klits weer tot goed gemeng.

Vou die kaassous in die aartappelmengsel in en skep in slaaibak wat met slaaiblare uitgevoer is.

Garneer met iets groen bv pietersielie of suurlemoenwiggies.

 

 

Bron:  Kreatiewe Kos Idees

 
8,467 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Biltong

Macaroni en Kaas

Sien

Aartappelslaai met kaas en biltong

Sien

Marshmallow Slaai

Sien

Stampmielies

Sien