WAT JY BENODIG:
- 1/4 koppie sonneblomolie
- 1/3 koppie heuning
- 1/3 koppie sojasous
- 1/4 teelepel gemaalde swartpeper
- 8 vellose, ontbeende hoenderborsies - in 1 duim blokkies gesny
- 2 knoffelhuisies
- 5 klein uie, gehalveer en in kwarte gesny
- 2 rooi soetrissies (red peppers), skoongemaak en in 2 duim stukke gesny
- Sosatiestokkies (indien jy die hout stokkies gebruik, maak dit nat voor jy die sosaties voorberei anders brand die stokkies)
MAAK SO:
- In 'n groot bak, klits olie, heuning, sojasous en peper. Hou 'n kwart koppie daarvan uit om later oor die hoender te smeer terwyl dit braai.
- Plaas die hoender, knoffel, uie en rissies in die bak om te marineer in die yskas vir ten minste 2 uur (hoe langer hoe beter).
- Sodra die vuur reg is (of jy kan dit op 'n elektrieserooster braai) doen die volgende: Dreineer die marinade, sit die hoender, uie en rooi rissie om die beurt op die sosatiestokkie tot die sosatiestokkie gevul is.
- Plaas die sosatie op die rooster en braai vir 12 tot 15 minute of tot die vleis gaar is.
- Draai en borsel gereeld met orige marinade tydens die braai proses.
BRON: allrecipes.com
7,995 kere besoek
Bacon and Mushroom Pasta
Sien
Blomkoolslaai
Sien
Alles-in-een-ontbyt
Sien
Waatlemoenkonfyt
Sien
