WAT JY NODIG HET:
1/2 koppie suiker
1/2 koppie botter
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
2 eiers
sout
3 eetlepels melk
1 blik (385g) onversoete tertappels
Suiker en kaneel gemeng
MAAK SO:
1. Room botter en suiker en klits eiers een vir een by.
2. Voeg melk en droë bestandele om die beurt by.
3. Gooi die beslag in oondvaste bak as volg: lagie deeg, lagie appels en weer 'n lagie deeg.
4. Sit stukkies botter op.
5. Meng suiker en pypkaneel en strooi bo-oor.
6. Bak in oond teen 180°C vir 30 minute
Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!