PERI PERI FLATTIE
Bestanddele
Sous
2 uie, grof gekap
1 knoffelhuisie, gekneus
250ml (1 koppie) sonneblomolie
handvol vars rissies (of na smaak)
125ml (½ koppie) asyn, of meer as dit nodig is
125ml (½ koppie) suurlemoensap, of meer as dit nodig is
1 bossie vars pietersielie
1 bossie vars koljander
30 ml (2 eetlepels) sout
30 ml (2 eetlepels) paprika
30 ml (2 eetlepels) gedroogde oreganum
60 ml (¼ koppie) Portugese hoenderspesery
15 ml (1 eetlepel) bruinsuiker
15 ml (1 eetlepel) botter
15 ml (1 eetlepel) whiskey
Hoender
1 groot flattie (spatchcocked)
15 ml (1 eetlepel) growwe sout
sap van 1 suurlemoen
30 ml (2 eetlepels) gedroogde oreganum
1 lourierblaar
Metode
1. Plaas die uie, knoffel en die helfte van die olie in 'n voedsel verwerker en meng. Begin met die toevoeging van die vars rissies na smaak. Voeg asyn, suurlemoensap en olie by, maar hou ‘n bietjie oor om later by te voeg. Sodra jy tevrede is met die brandrissie sterkte, voeg die pietersielie en koljander by en meng. Voeg meer suurlemoensap en asyn indien nodig om sous te verdun, voeg dan sout, paprika, oreganum en hoenderspesery by. Meng die suiker, botter en whiskey, gooi oor in glas bottel en bêre in die yskas. Dit sal vir ‘n week hou en is genoeg vir ‘n dosyn hoenders.
2. Maak insnydings in die hoender se vel, vryf met sout in en bedruip met suurlemoensap. Besprinkel met oreganum en plaas in 'n bak met die lourierblaar en uitgedrukte suurlemoen helftes. Laat marineer vir 1 uur. Gooi sowat 125 ml (koppie) van die peri peri sous oor en braai borsgedeelte na bo teen180ºC - of braai borsgedeelte na bo - vir sowat 45 minute tot die hoender gaar is en die vel krakerig (crispy) is.
Bron: The Home Channel
Mikrogolf Fudge
Kondensmelk Suurlemoen Tert
Tamatiebredie
Chocolate Oatmeal (No Bake Cookies)
