Bobotie

BESTANDDELE:

  • 500g mince
  • 30ml olie
  • 1 groot wortel, geskil en gerasper
  • 2 uie - gekap
  • 10ml gekapte knoffel
  • 5ml elk van die volgende:
    • Gemaalde koljander
    • Gemaalde gemmer
    • Kerriepoeier
    • Kaneel
    • Borrie
    • Suiker of Appelkooskonfyt
    • Sout
  • 15ml vars suurlemoensap of witwyn asyn
  • dik snye witbrood in melk geweek
  • 125ml amandelneute (in skywe gesny) of amandelflokkies
  • 3-4 lourierblare
  • 250ml melk of karringmelk
  • 2 eiers
  • Sout & peper na smaak

METODE:

  1. Braai die uie en knoffel in die olie en voeg die mince by.
  2. Kook tot die mince bruin en gaar is (geen groot klonte nie)
  3. Gooi al die speserye en die gerasperde wortel by.
  4. Gooi die suurlemoensap (of asyn) by en meng.
  5. Gooi die geweekde brood by die vleismengsel, maak seker jy meng dit deeglik (jy moet nie groot stukke brood sien nie).
  6. Voeg die amandelneute of flokkies by.
  7. Meng die melk of karringmelk met die eiers in 'n apparte bak.
  8. Gooi die vleismengsel in 'n oondvaste skottel en gooi die eiermengsel bo-oor.
  9. Druk die lourierblare in die mengsel.
  10. Bak teen 180 grade C vir omtrent 40 minute.  Die eiervla moet stol en goudbruin van kleur wees.

Wenk: Bedien met geelrys met rosyne, gekerfde piesang, blatjang en klapper.

BRON: Getaway

13,960 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Olive & Rosemary

Souttert

Sien

Peri-Peri Garnale (Prawns)

Sien

Jogurt Kaaskoek

Sien

Peppermint Crisp Tert

Sien