Patat en mango gereg

BESTANDDELE:

  • 1x 200g-pak gedroogde mango
  • ½ liter-houer lemoensap
  • 5ml gerasperde lemoenskil
  • 250ml droe wit wyn
  • 15ml bruinsuiker
  • 15ml wynasyn
  • 15ml lemoenlikeur
  • 30 ml botter
  • 4 gaar soetpatats in skywe gesny

 

METODE:

  1. Plaas mango, lemoensap, skil en wit wyn in ‘n klein kastrolletjie en prut 20 minute todat mango sag is.
  2. Plaas suiker in aparte kastrol en laat karameliseer. Dreineer mango en voeg vloeistof saam met asyn en likeur by karamelmengsel.
  3. Roer goed totdat suiker opgelos is. Voeg klontjies botter geleidelik by totdat sous effens dik en glansend is.
  4. Skep mango en patat versigtig in sous en verhit.

 

BRON:

Kreatiewe Kos Idees

 
5,737 kere besoek

Min-moeite-rysdis

Sien

Mengeldrankies: 3 gunstelinge

Sien

Samoesas met varkvleis

Sien

Benediktuseiers

Sien