Broccoli Slaai

BESTANDDELE:

  • 1 groot Broccoli kop - jy moet die blomme afsny en stamme verwyder
  • 1 pakkie gesnipperde spek (diced bacon)
  • 1 ui
  • 1 koppie gerasperde cheddar kaas
  • sout en peper na smaak

SOUS:

  • halwe koppie (125 ml) mayonnaise
  • 30 ml asyn
  • 50 ml suiker

METODE:

  1. Blansjeer die Broccoli (laat dit vir so 3 tot 5 minute kook, maar dit moet nie sag wees nie).
  2. Verwyder al die water en hou eenkant in 'n slaaibak.
  3. Kap die ui fyn op en braai saam met die gesnipperde spek in 'n pan.
  4. Gooi die spek en ui by die broccoli.
  5. Gooi die gerasperde kaas oor en roer deur.
  6. Gooi sout en peper na smaak.
  7. Meng al die bestandele van die sous saam, gooi oor die slaai en meng deur.

Wenk: Jy kan ook rosyne bysit, wat dit baie lekker maak.

115,156 kere besoek

Aartappel Sop

Sien

Vlaksywe

Sien

Quiche Lorraine

Sien

Kerrie Marinade vir Sosaties

Sien