Varktjops met tiemie-roomsous
Bestanddele:
4 varktjops (lende-, nek- of ribtjops)
sout en vars gemaalde peper
15 ml (1 e) gekapte tiemieblaartjies
15 ml (1 e) olie
15 ml (1 e) botter
Roomsous:
15 ml (1 e) olie
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
6 takkies vars tiemie
250 ml (1 k) room
125 ml (½ k) melk
10 ml (2 t) mielieblom, opgelos in 15 ml (1 e) water
sout en vars gemaalde peper
Metode:
Geur die tjops met tamaties by en bring tot kookpunt. Laat prut tot gereduseer. Geur met die suiker, sout en vars gemaalde peper.
Sprinkel die tiemieblaartjies aan albei kante van die tjops. Verhit die olie en botter in ’n pan en braai die tjops tot goudbruin alkant en gaar. Skep uit en hou eenkant.
Roomsous: Verhit nog ’n bietjie olie in dieselfde pan en roerbraai die ui, knoffel en tiemie vir 5 minute. Voeg die room en melk by en verhit tot dit begin prut. Roer die mielieblommengsel by en laat prut tot verdik. Geur met die sout en vars gemaalde peper.
Skep die tjops in die sous en verhit. Sit voor saam met komkommerslaai.
Bron: Huisgenoot
Beskuitjie Fudge
Peperment Sjokolademousse Tert
Kaas-en-Uiebrood
Pap-en-smoor
