BESTANDDELE:
VIR DIE DOPPIES:
- 250 g botter
- 750 ml meelblom
- 250 ml suiker
- 10 ml bakpoeier
- 2 geklopte eiers
- knippie sout
- melk
- fyn appelkooskonfyt
VIR DIE BOLAAG:
- 50 ml suiker
- 50 ml botter
- 2 geklitste eiers
- 50 ml koekmeel
- 5 ml bakpoeier
METODE:
DOPPIES:
- Vryf botter in meel. Voeg suiker, sout, bakpoeier en eiers by.
- Meng met melk tot dit gerol kan word.
- Rol dun uit en sit in kolwyntjiepanne.
- Plaas een teelepel appelkooskonfyt in elkeen.
- Bedek met die volgende bolaag:
BOLAAG:
- Klop suiker en botter tot romerig.
- Voeg eiers by en meng.
- Sif meel en bakpoeier saam en voeg by eiermengsel en meng goed.
- Skep in doppies.
- Bak by 200ºC vir 10-15 minute.
7,502 kere besoek