
CHINESE ROERBRAAI
BESTANDDELE
Vleis:
1 pak hoenderlewertjies in repies gesny
1 pak spek in repies gesny
4 tot 6 hoenderdytjies ontbeen en in repies gesny
250 g gemaalde vleis
steak in repies gesny
Braai in kookolie of margarien in braaiskottel tot half gaar.
Groente:
1/2 koolkop (rooi) in repies gesny
4 wortels in repies gesny
uie in ringe gesny
sapioene in repies gesny
groensoetrissie in repies gesny
pynappel in blokkies gesny
klein murgpampoentjies (baby marrows) heel of in skyfies gesny
“bean sprouts” (opsioneel)
“water chest nuts” (in blik medium) (opsioneel)
METODE
Voeg groente by half gebraaide vleis. Braai tot alles gaar is. Roer telkens sodat dit nie aanbrand nie.
Sout en peper na smaak. Bedien met rys (of noedels), soetsuursous, en slaai.
Bron: Heerlike Boerekos en Afrikaans Resepte