Chinese Roerbraai

 

CHINESE ROERBRAAI

BESTANDDELE 

Vleis: 

1 pak hoenderlewertjies in repies gesny 
1 pak spek in repies gesny 
4 tot 6 hoenderdytjies ontbeen en in repies gesny 
250 g gemaalde vleis 
steak in repies gesny 

Braai in kookolie of margarien in braaiskottel tot half gaar. 

Groente: 

1/2 koolkop (rooi) in repies gesny 
4 wortels in repies gesny 
uie in ringe gesny 
sapioene in repies gesny 
groensoetrissie in repies gesny 
pynappel in blokkies gesny 
klein murgpampoentjies (baby marrows) heel of in skyfies gesny 
“bean sprouts” (opsioneel) 
“water chest nuts” (in blik medium) (opsioneel) 

METODE 

Voeg groente by half gebraaide vleis. Braai tot alles gaar is. Roer telkens sodat dit nie aanbrand nie.

Sout en peper na smaak. Bedien met rys (of noedels), soetsuursous, en slaai. 

 

Bron:  Heerlike Boerekos en Afrikaans Resepte

 
Aantal kere besoek: 6527

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Witwyn-sangria
Witwyn-sangria...meer
Bierboks Sjokolade Koek
Bierboks Sjokolade Koek...meer
Pizza
Pizza...meer
Outydse Bobotie
Outydse Bobotie...meer
Aartappel-souttert
Aartappel-souttert...meer
3 van die beste marinades
3 van die beste marinades...meer