Sondag-lamsboud
Bestanddele
3,5 kg lamsboud
60 ml (¼ k) mayonnaise (verkieslik tuisgemaak) of botter
hand vol geskroeide koljanderkorrels
hand vol growwe sout
halwe hand vol roosmarynblare, gekap
3 ml (ruim ½ t) witpeper
500 ml (2 k) water
2 suurlemoene, in stukke gesny
5 knoffelhuisies, gekneus
Metode
Voorverhit die oond tot 140 °C.
1. Sny ’n paar kepe oor die vetkant van die boud. Smeer in met die mayonnaise of gesmelte botter.
2. Maak die koljanderkorrels, sout en roosmarynblare fyn met ’n stamper en vysel. Voeg die peper by en smeer die boud met die mengsel in.
3. Giet die water in ’n oondpan, voeg die suurlemoenstukke en knoffel by en plaas die boud in die water. Plaas sonder deksel in die oond en oondbraai sowat 3½ uur tot die boud lekker sag is en die vleis amper van die been afval.
4. Laat rus ordentlik en trek met ’n lepel en vurk in stukke. Sit voor met oondgebraaide aartappels.
Bron: Huisgenoot
Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!