Kerrievis

BESTANDDELE:

  • 1,75 kg ferm wit vis
  • 45 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 100 g (125 ml) suiker
  • 50 ml kerriepoeier
  • 15 ml borrie
  • 15 ml vinkelsaad
  • 15 ml koljander
  • 3 ml rooipeper
  • 750 ml witasyn
  • 125 ml water
  • 4 uie, in ringe gesny
  • 6 lourierblare
 

METODE:

  1. Verhit oond tot 200 °C.
  2. Plaas vis op bakplaat met velkant na onder.
  3. Sprinkel olyfolie oor en geur goed met sout en peper.
  4. Bak vir 8 – 10 minute of tot vis goudbruin en gaar is.
  5. Plaas intussen res van bestanddele in groot pot en bring tot kookpunt.
  6. Laat kook vir 5 minute.
  7. Plaas vis in plat glasbak en gooi warm sous oor.
  8. Laat koel af tot kamertemperatuur.
  9. Maak toe en laat piekel in yskas vir minstens 24 uur.

BRON: Sarie

7,198 kere besoek

Vlakoek

Sien

Wafel Resep

Sien

Sjokolade Sponskoek

Sien

Self-sous-koffiepoeding

Sien