Kerrievis

Kerrievis

Bestanddele

1,75 kg ferm wit vis
45 ml olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper
100 g (125 ml) suiker
50 ml kerriepoeier
15 ml borrie
15 ml vinkelsaad
15 ml koljander
3 ml rooipeper
750 ml witasyn
125 ml water
4 uie, in ringe gesny
6 lourierblare

Metode

Verhit oond tot 200 °C. Plaas vis op bakplaat met velkant na onder. Sprinkel olyfolie oor en geur goed met sout en peper. Bak vir 8 – 10 minute of tot vis goudbruin en gaar is. Plaas intussen res van bestanddele in groot pot en bring tot kookpunt. Laat kook vir 5 minute. Plaas vis in plat glasbak en gooi warm sous oor. Laat koel af tot kamertemperatuur. Maak toe en laat piekel in yskas vir minstens 24 uur.

 

Bron:  Sarie

 
Aantal kere besoek: 5455

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Groentesop
Groentesop...meer
Ouma Anne se Semel / Bran Beskuit
Ouma Anne se Semel / Bran Beskuit...meer
Doodeet worsgereg
Doodeet worsgereg...meer
Garnaalkerrie
Garnaalkerrie...meer
Gebakte Sagopoeding
Gebakte Sagopoeding...meer
Mengeldrankies: 3 gunstelinge
Mengeldrankies: 3 gunstelinge...meer