BESTANDDELE:
Bestanddele vir rolkoek:
- 1 koppie koekmeel
- 30ml Kakao
- 2 teelepel bakpoeier
- ½ teelepel sout
- 4 eiers
- 30ml water
- ¾ koppie suiker
- 4 Eetlepel kookwater
- 1 teelepel vanilla
Bestanddele vir aarbeiroom vulsel:
- 250g aarbeie skoongemaak en opgesny, los so 1 of 2 vir versiering
- 2 Eetlepels strooisuiker
- 1 doppie lemoensap
- 250g mascarpone
- 2 Eetlepels versiersuiker
- ½ teelepel vanilla geursel
METODE:
Maak die aarbeivulsel as volg:
Sit 'n derde van die aarbeie in 'n blender of voedselverwerker met die strooisuiker en meng goed. Dra oor na ‘n bak en voeg die lemoensap by.
Roer die oorblywende opgekapte heel aarbeie in en plaas in die yskas. (Die geur raak beter hoe langer jy dit laat staan, jy moet dus ‘n paar uur voor jy die koek maak die aarbeie verwerk, maar dit moet ten minste 30 minute lank staan.)
Terwyl die koek bak meng die mascarpone, versiersuiker en vanilla geursel saam in 'n apparte bak.
Maak die koek as volg:
Sif meel, kakao, bakpoeier en sout saam.
Skei eiers.
Klits eiergele met 30ml water en voeg suiker geleidelik by. Voeg kookwater ook geleidelik by en klits totdat suiker opgelos is.
Voeg meel by eiermengsel en meng goed.
Roer vanilla by.
Vou laastens styfgeklitste eierwitte in.
Bak 12 min by 220ºC in uitgevoerde pan (met bakpapier).
Keer uit op waspapier wat met suiker bestrooi is. Trek bakpapier versigtig af. Sny kante af.
Smeer die mascarponevulsels bo-op, plaas die heel stukke aarbeie (wat in die puree was) bo-op en drup die oorblywende aarbeipuree bo-oor.
Gebruik die waspapier waarop dit is en rol die koek op, weg van jou af. Maak seker jy rol dit styf op. Dra oor na ‘n bord.
Strooi nog suiker bo-oor indien verkies en oorblywende aarbeie vir versiering.
Wenke:
- Die uitvoer van jou pan is NB. Gebruik bakpapier of ‘n oopgesnyde baksakkie, dit werk uitstekend!
- Die uitkeer op suiker bestrooide waspapier is ook NB
- Die oprol vinnig en terwyl dit nog warm is , is ook NB
- ‘n Diep rolkoekpan gee gemoedsrus. Gebruik sommer jou oondpan.