BESTANDDELE:
- 500g rosyne
- 250ml water
- 200g witsuiker
- 1 stokkie pypkaneel
- Brandewyn
METODE:
- Verhit die rosyne, water, witsuiker en stokkie pypkaneel stadig saam tot kookpunt en roer dit aan die begin om die suiker te laat oplos.
- Kook dit vir 10 minute oor matige hitte.
- Giet die stroop af en en plaas die rosyne in warm glasflesse.
- Vul die flesse met skoon brandewyn of om die helfte stroop en die helfte brandewyn.
- Bedien met roomys.
BRON: Peterjasie se Selspasie
5,894 kere besoek