Vinnige Herderspastei

Vinnige Herderspastei

Bestanddele

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 500 g maalvleis
  • 1 x 410 g-blik tamaties
  • 45 ml origanum, gekap
  • 45 ml pietersielie, gekap
  • 250 g bevrore gemengde groente
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 4 aartappels, gekook tot sag en fyngedruk
  • 1 eier, geklits

Metode

Verhit oond tot 200 ˚C. Verhit olyfolie in ‘n mediumgroot pot. Plaas ui en knoffel in pot en braai stadig vir sowat 5 minute tot ui begin verkleur.

Voeg maalvleis by en roerbraai vir 8 – 10 minute. Voeg tamaties en kruie by en verlaag hitte. Laat stadig prut vir 10 minute. Voeg gemengde groente by en geur goed met sout en swartpeper.

Verdeel mengsel tussen 4 oondvaste bakkies of een groot bak. Skep fyn aartappels bo-op en verf met geklitste eier. Bak vir 5 – 10 minute of tot goudbruin. Sit warm voor.

 

Bron:  Sarie.com - Herman Lensing

Foto:  Sarie.com 

 
17,006 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Cheezy

Aartappel-koekies

Sien

Koringslaai met kondensmelk

Sien

Pekanneut-tertjies

Sien

Aarbei-melkskommel

Sien