Hoender met Broccoli
Bestanddele
- 500g Hoender
- 600g Broccoli
- 1 blik Sampioenroomsop
- 250 ml Mayonnaise
- 5 ml Suurlemoensap
- 5 ml Kerriepoeier
- 260 g Cheddarkaas
- 2 Snye brood
- Sout en peper na smaak
Metode
Kook die hoender en sny dit in stukke.
Voorverhit oond tot 180°C.
Kook die broccoli in soutwater en breek dit in stukkies.
Meng dan die hoender en die broccoli en plaas dit in 'n oondvaste bak.
Meng die sop, die kerriepoeier, die suurlemoensap en die mayonnaise saam.
Gooi die bogenoemde mengsel oor die hoender en die broccoli.
Rasper die kaas en die brood en meng dit goed.
Sprinkel bo-oor die gereg en stip dit met botter
Bak vir ongeveer 30 minute of tot dit borrel.
Bron: Maklike Resepte in Afrikaans
25,975 kere besoek
Vra-Na-Meer-Hoender
Sien
Partytjieworsies
Sien
Lemoenkoek
Sien
Bar One Pudding
Sien
