Groentesop

Groentesop

Bestanddele

45 ml (3 e) olie
1 ui, gekap
3 knoffelhuisies, gekap
200 g gemengde groente (ertjies, groenbone, broccoli en groen soetrissie)
1 blikkie (410 g) gekapte tamaties
750 ml (3 k) groente-aftreksel
macaroni-pasta (opsioneel)
1 blikkie (400 g) wit boontjies
sout en varsgemaalde swartpeper

Metode

Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui tot dit deurskynend is. Voeg knoffel, oorblywende groente en tamaties by en laat vir vyf minute kook.

Voeg die aftreksel en pasta by (indien jy dit verkies). Laat saggies kook vir 10 minute.

Roer die boontjies by, laat deurwarm word en geur met sout en peper. Bedien met stukke Italiaanse brood.

 

Bron:  Huisgenoot

 
6,721 kere besoek

Creamy Mustard Potato Salad

Sien

Ontbyt-Potjie

Sien

Spaghetti met boerewors

Sien

Brandewyn-en-Coke T-Been

Sien