Hoender-nuggets

BESTANDDELE:

  • 250 ml witbroodkrummels (gebruik verkieslik lae-GI witbrood – rooster die brood, en verwerk dit dan tot krummels in ‘n voedselverwerker)
  • 60 ml gerasperde parmesaankaas
  • 10 ml gedroogde oreganum
  • 10 ml gedroogde basiliekruid
  • 5 ml sout
  • 5 ml paprika
  • 2,5 ml gedroogde tiemie
  • 500 g ontbeende hoenderborsies sonder vel, gesny in stukkies van ongeveer 3 – 4 cm in deursnee
  • 15 ml olyfolie

METODE:

  1. Voorverhit oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier.
  2. Meng al die bestanddele behalwe die hoender en olie in ’n plastieksakkie. Gooi die hoender by en kombineer.
  3. Sit die hoenderstukke op die bakplaat. Sprinkel olie oor en bak sowat 15 minute tot gaar.

BRON:

Sarie

 
7,121 kere besoek

Stroopkoek

Sien

Macaroni en Kaas met Maalvleis

Sien

Patat in foelie met heuning en kaneel

Sien

Geroosterde Murgbene

Sien