BESTANDDELE:
- 2 uie (gesnipper)
- 1 greenpepper (in blokkies)
- 250 g sampioene (in skywe)
- 1 fyngesnyde slaaiblaarkop
- 4 groot wortels (fyn gerasper)
- 1 blik (410 g) pit mielies (gedreineer)
- 500 ml bevrore ertjies
- 1 blik pynappels (blokkies en gedreineer)
- 100 ml kondensmelk
- 125 ml mayonnaise
- 125 ml franse slaaisous
- blokkies kaas
METODE:
- Braai ui, greenpeper en sampioene saam ~ hou eenkant en laat afkoel.
- Pak slaai in lae in die volgende volgorde; blaarslaai, wortels, mielies, uie en greenpepper, mengsel, ertjies, pynappel, sous en blokkies kaas.
Wenk ~ Gebruik diep glas-slaaibak, dit laat die slaai mooi vertoon.
Bron: Kuier, Kook & Klets
7,201 kere besoek