SLAPPAP POFFERS
Bestanddele
100 ml mieliemeel
500 ml water
1 geklitste eier
250 ml bruismeel
2 ml mosterdpoeier
2 ml sout
knypie rooipeper
125 ml gerasperde Cheddar kaas
kookolie vir diepbraai
Aromat na smaak
Metode
Meng mieliemeel en water en verhit dit tot kookpunt (ek doen dit sommer in glasbak in mikrogolfoond vir so 5 minute en roer dit deur en kook dit nog vir 5 minute). Laat dit afkoel tot lou.
Voeg die eier by die pap en meng. Sif die bruismeel, mosterdpoeier, sout en rooipeper saam, voeg by die papmengsel en meng dit goed. Voeg kaas by en meng.
Skep teelepels vol van die mengsel in warm, diep kookolie en braai dit aan weerskante daarin tot goudbruin.
Dreineer gaar poffers op kombuispapier en strooi geur-opwekker (Aromat) oor. Sit voor warm of koud.
Bron: Kuier, Kook & Klets