Texan-varksteak met lemmetjie-en-feta-aartappels
Bestanddele
AARTAPPELS
6 aartappels, in wiggies gesny
30 ml (2 e) olyfolie
sout en vars gemaalde peper
1 wiel fetakaas, grof gekrummel
10 g koljanderblare, grof gekap
sap van 1 lemmetjie
STEAK
1 x gemarineerde 750 g-Texan-varksteak
15 ml (1 e) olyfolie
Voorverhit die oond tot 200 °C. Sit ’n draadrakkie op ’n bakplaat en spuit met kossproei.
Metode
Aartappels: Versprei die aartappels op bakplaat. Besprinkel met die olie en geur met die sout en peper. Meng goed en rooster 30 minute in die verhitte oond of tot die aartappels sag en goudbruin is.
Sprinkel die fetakaas, koljanderblare en lemmetjiesap oor en meng rofweg.
Steak: Pak die steak op die bereide draadrakkie. Sprinkel die olyfolie oor en rooster 20-25 minute in die verhitte oond of tot gaar – die gaarmaaktyd sal afhang van hoe dik die steak is.
Sny die steak in repies en sit voor saam met die aartappels en vars kersietamaties.
Bron: Huisgenoot
Mokka Sjokolade Mikrogolf Koek
Broodpoeding
Kerriebone
Maklike Bobotie Resep
