Bone-en-groente-pot

 

Bone-en-groente-pot

Bestanddele

15 ml (1 e) olie
2 uie, gekap
4 knoffelhuisies, fyngedruk
1 rooi brandrissie, fyn gekap
2 steranyse
1 kaneelstok
500 ml (2 k) groente-aftreksel
150 g droë appelkose, grof gekap
5 takkies tiemie
3 groot aartappels, in stukke gesny
1 patat, in stukke gesny
450 g botterskorsie, in stukke gesny
7,5 ml (1½ t) harissa-pasta
400 g cannellini-bone
’n hand vol pietersielie, fyn gekap

Metode

Verhit die olie in ’n groot pot oor matige hitte, voeg die uie by en braai 5 minute of tot sag. Voeg die knoffel, brandrissie, steranys en kaneel by en braai nog ’n minuut.

Gooi die aftreksel, droë appelkose en tiemie in. Bring tot kookpunt en verminder dan tot prutpunt, bedek en laat 5 minute prut voor jy die groente byvoeg.

Bring weer tot kookpunt en laat kook nog 20 minute of tot die groente sag is. Roer die harissa, bone en pietersielie in. Geur na smaak en sit voor.

 

Bron:  Huisgenoot

 
4,836 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Olive & Rosemary

Melkkos

Sien

Paptert

Sien

Diepsee-doopsous

Sien

Gammon in Coke

Sien