BESTANDDELE:
- 30 ml (2 e) botter
- 60 ml (¼ k) koekmeel
- 500 ml (2 k) melk
- sout en peper na smaak
- 4 eiers, geklits
- 10 ml (2 t) worcestersous
- knippie rooipeper
- 1 ui, gekap
- 500 ml (2 k) gerookte snoek, gevlok
- 2 ml (½ t) mosterdpoeier
- 10 ml (2 t) gekapte pietersielie
- 250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas
- 1 ml (¼ t) neutmuskaat
METODE:
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Smeer ’n oondbak met botter.
- Maak ’n witsous van die botter, meel en melk. Geur met sout en peper. Voeg die eiers by en klits goed.
- Meng die res van die bestanddele by die witsousmengsel.
- Giet die mengsel in die voorbereide oondbak en bak 40-45 minute of tot stewig.
- Sny in skywe en sit voor saam met slaai en suurlemoenskyfies.
BRON: Huisgenoot Digitaal (28 Mei 2014)
13,396 kere besoek
Simple Cheese Fondue
Sien
Outydse Bobotie
Sien
Braai Ontbyt Pot
Sien
Spek en kaas gevulde eiers
Sien
