BESTANDDELE:
- 250g Brood deeg (by PicknPay of Checkers of jy kan dit self maak deur die basiese brooddeeg resep te volg)
- 3 eetlepels olyfolie
- halwe pakkie Tamatie Paste
- 2 koppies gerasperde gerookte mozzarella kaas (alle supermarkte verkoop die gerookte mozzarella kaas)
- 1 koppie Cherrie Tamaties in halwes gesny
- 2 teelepels knoffel (minced)
- 6 vars basil blare
- Oreganum & swart peper
METODE:
- Spuit/smeer 'n ronde pizza pan/bak en verhit oond tot 180 grade C
- Rol brooddeeg uit en plaas op pan
- Smeer olyfolie oor die deeg
- Smeer halwe tamaties paste oor die deeg
- Gooi 1 koppie gerasperde gerookte mozzarella kaas oor deeg
- Gooi knoffel oor
- Strooi die gekapte cherrie tamaties oor
- Gooi die 2e koppie gerasperde gerookte mozzarella kaas oor
- Plaas 6 blare verspreid op die pizza
- Sprinkel oreganum en swart peper oor (en sout na smaak)
- Sit in oond en bak teen 180 grade C vir 20 minute
Sny dadelik sodra uit die oond kom.
Die brooddeeg wat jy maak of koop sal jy gewoonlik in twee deel vir die kors. Jy kan die tweede helfte gebruik vir 'n tweede pizza (ham, mozzarella & pynappel maak 'n heerlike Hawain Pizza)
2,162 kere besoek