Bestanddele
SOUS
30 ml (2 e) olyfolie
1 ui, in skywe gesny
1 klein rooi soetrissie, in repies gesny
1 blik (410 g) pynappelstukke
50 ml tamatiesous
50 ml sojasous
15 ml (1 e) sagte bruinsuiker
30 ml (2 e) olie
BESLAG
440 ml bier
500 ml (2 k) bruismeel
3 ml (ruim ½ t) mosterdpoeier
5 ml (1 t) sout
vars gemaalde swartpeper na smaak
VLEIS
800 g beenlose varkvleisblokkies
sout en vars gemaalde swartpeper
60 ml (¼ k) mielieblom
olie vir diepvetbraai
VIR VOORSIT
300 g Oosterse noedels, gaargemaak
Metode
SOUS: Verhit die olie en roerbraai die ui en soetrissie ’n paar minute. Voeg die pynappelstukke en -sous by en braai nog ’n minuut.
Meng die res van die bestanddele en giet dit by. Bring die sous tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut sowat 5 minute. (As die sous te loperig is, roer 10 ml mielieblom, opgelos in 30 ml water by.)
BESLAG: Meng die beslag se bestanddele.
VLEIS: Geur die vleisblokkies met sout en peper en rol elkeen in mielieblom. Verhit genoeg olie (sowat 10 cm diep) in ’n kastrol tot goed warm.
Doop ’n paar blokkies op ’n slag in die beslag en braai tot goudbruin en gaar, skep uit met ’n gaatjieslepel en dreineer op kombuispapier.
VIR VOORSIT: Skep die gebraaide varkvleisblokkies by die sous. Sit voor saam met noedels.
Bron: Huisgenoot