Gevulde Aartappels

Gevulde Aartappels

Bestanddele

8 mediumgrootte aartappels

60 ml botter

6 sprietuie, gekap

1 knoffelhuisie, fyngekap

6 snye ham, in blokkies gesny

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

30 ml pietersielie, fyngekap

100 g cheddarkaas, gerasper

 

Metode

Verhit jou oond tot 180 °C.

Prik die aartappels met ’n vurk en sit vir sowat 5 minute in die mikrogolfoond, op hoog gestel. Haal versigtig uit en sny ’n doppie van elkeen af.

Skep ’n lekker groot gat uit elke aartappel. Verwyder net die doppie se vel. Druk die uitgeskepte aartappel en doppies fyn.

Smelt die botter in ’n pan en braai die sprietuie, knoffel en ham vir so ’n minuut. Voeg die fyngedrukte aartappel by, meng goed en geur met sout en peper.

Voeg die pietersielie en 80 g kaas by. Vul die aartappels hiermee tot dit taamlik hoog uitstaan. Rangskik dit op ’n bakplaat, sprinkel die orige kaas oor, en bak vir sowat 15 minute.

Wenk:
Los die ham uit en siedaar: ’n vegetariese gereg.

 

Bron:  Sarie (Barbara Joubert)

Foto:  Sarie

 
Aantal kere besoek: 10262

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Groenboontjie-bredie
Groenboontjie-bredie...meer
Selfsous Sjokolade Poeding
Selfsous Sjokolade Poeding...meer
Bully Beef met Kapokaartappels
Bully Beef met Kapokaartappels...meer
Marmite Koek
Marmite Koek...meer
Patatpoffertjies in stroop
Patatpoffertjies in stroop...meer
Suurlemoen-papawersaadharte
Suurlemoen-papawersaadharte...meer