Witwyn-sangria
Wenk: As dit nie perskeseisoen is nie, kan jy appelwiggies of gehalveerde aarbeie gebruik.
Bestanddele
750 ml (1 bottel) droë witwyn
125 ml (½ k) lemoenlikeur (Cointreau)
1 lemoen, in skywe gesny
2 kaalperskes, pit verwyder en in wiggies gesny (kyk Wenk)
500 ml (2 k) sodawater
1 suurlemoen, in wiggies gesny vir opdiening
Metode
1. Sit dit witwyn, likeur en vrugte in ‘n groot beker. Roer deurmekaar en kneus die vrugte in die proses om soveel geur moontlik te verkry. Bedek die beker met kleefplastiek en plaas oornag in die yskas sodat die geure kan meng.
2. Vul die beker net voor opdiening met sodawater. Plaas ys in elke glas, skink sangria daaroor en voeg ‘n suurlemoenwiggie by.
Bron: Maroela Media – 7de Laan vier fees!
Maklike Sagopoeding
Paasbolletjies (Hotcross Buns)
