Portabella Sampioene as Voorgereg (oor die kole)

Portabella Sampioene as voorgereg (oor die kole)

Bestanddele 

4 groot, bruinsampioene (portabella) (een sampioen per persoon) 
4 foeliebakkies (die soort waarin pasteie kom, ongeveer 125 mm in deursnee)
1 teelepel knoffelbotter 
’n Skeppie bloukaas vir elke sampioen of ’n kaas van jou keuse. Alternatiewelik fetakaas.
’n Handvol broodkrummels vir elke sampioen.
Vir ’n heerlike variasie kan spek en groenrissie ook bygevoeg word.

Metode 

Plaas sampioen onderstebo in foeliebakkie met stingel afgesny. 
Kap stingel fyn en meng met knoffelbotter en bloukaas en gooi in sampioen se binneholte. Strooi broodkrummels oor (opsioneel). Braai sampioen in bakkie op ’n oop rooster oor baie matige kole tot die kaas lekker gesmelt het. 
Om te voorkom dat sampioen brand, kan jy ’n klein bietjie botter in die bakkie sit.
Bedien onmiddellik op ’n servet met vurk.

 

Bron:  Rapport (Buite-Ekspo Bylae)

 
9,402 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Biltong

Ontbyt-broodpoeding

Sien

Chicken a-la-king

Sien

Eier en Ham Mandjies

Sien

Stokkie-worsrolletjies

Sien