Kits Suurlemoenvlatert

KITS SUURLEMOENVLATERT:

500ml melk
100ml suiker
25ml vlapoeier
10ml botter
100ml suurlemoensap
397g (1 blik) kondensmelk
1¼ pak Tennisbeskuitjies


Maak vla van die melk, suiker en vlapoeier. Voeg die botter daarby en laat dit effens afkoel. Klits die suurlemoensap en kondensmelk saam. Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n reghoekige bak. Gooi helfte van die gekondenseerde melkmengsel daarop en smeer gelyk. Pak weer ‘n laag beskuitjies bo-op en gooi die helfte van die louwarm vla daaroor. Herhaal die lae. Rasper van die beskuitjies bo-oor en laat dit goed afkoel.
11,739 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Biltong

Hoenderlewerpatee

Sien

Outydse Gemmerbier

Sien

Swartwoud Koek

Sien

Dubbel-sjokolade-, grondboontjiebotter en karamel melkskommel

Sien