Bully Beef met Kapokaartappels

Bully beef met Kapokaartappels

Bestanddele

• 400 g aartappels gekook en deeglik fyngemaak (ge-mash)

• 1 blikkie soutvleis (Bully Beef)

• 1 blikkie bone (Baked Beans)

• 1 mediumgrootte ui, fyn gekap

• 1 eetlepel tamatiesous of Marmite

• klontjie botter

• kaas, gerasper

Verhit oond tot 180 grade C. Gebruik ‘n mediumgrootte porselein of -glasbak.

Metode

1. Kook aartappels met 'n knippie sout en sodra gaar druk goed fyn (mash). Wanneer klaar fyngemaak, meng met botter, geurmiddels en 'n bietjie melk.

2. Braai die fyngekapte uie op 'n medium hitte in die botter. Braai vir sowat 5 minute of tot 'n goue kleur en sag. Neem die soutvleis (Bully Beef) en kap dit rofweg of verkrummel dit in die bak in. Wanneer die ui gereed is, gooi bo-oor die soutvleis.

3. Gooi dan die blikkie bone (Baked Beans) bo-oor. Voeg 'n eetlepel tamatiesous of Marmite (of beide) by en meng deeglik. Sodra deeglik gemeng, druk effens plat met agterkant van lepel. Skep die kapokaartappels bo-op en versprei met ‘n vurk. Rasper kaas bo-oor.

4. Bak op die middelste rak van die oond vir ongeveer 'n halfuur totdat die boonste gedeelte met kaas en kapokaartappels bros is. Bedien met meer bone, beet of slaai.

 

Bron: BBC Good Food

 
15,588 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Biltong

Yster Pampoen

Sien

Suurlemoen Pasta

Sien

Tiramisu

Sien

Oreo Koekie Melkskommel

Sien